Archive for March, 2013

Personeelnuus

ASL_ElsaDiensverlating

Na byna vyf jaar van getroue diens en entoesiastiese deelname aan die werk en aktiwiteite van die firma, verlaat Elsa Benn ons om ‘n nuwe beroepsrigting te volg.

Sy begin in April as Rekenmeester by Golf Data op Somerset-Wes werk. Ons beste wense vergesel haar en ons glo dat sy van die nuwe uitdaging ‘n groot sukses sal maak.

Verloof geraak

Cecil Mulligan en Michelle van der Merwe het op Kersdag 2012 op Mosselbaai verloof geraak. Hulle gaan DV op 20 April 2013 naby Albertinia in die huwelik tree en hul dan op Somerset-Wes kom vestig. Ons wens hulle sterkte toe met al die troureëlings wat getref moet word.

‘n Baba in die gesin

Arnold en Magda het op 25 Januarie 2013 die trotse ouers van nog ‘n seuntjie geword. Ons is seker dat klein Jacques vir hulle vele jare van vreugde sal verskaf en wens die gesin net die mooiste toe op die lewenspad vorentoe.

Nuwe personeel

ASL_Nuwe personeel

Alicia Viljoen (Ouditbestuurder)

Alicia het die graad BRek in 2008 aan die Universiteit van Stellenbosch, en BRek Hons in 2010 aan UNISA verwerf. Sy het haar klerkskap in 2012 by Greenwoods voltooi waarna sy haar by Aucamp Scholtz Lubbe aangesluit het as ouditbestuurder. Alicia se passie is kook en bak en sy eksperimenteer graag met nuwe resepte. Sy glo in ‘n gesonde lewensstyl en neem deel aan padwedlope en geniet die natuur.

Gerhard Bester (SAIGR-klerk)

Gerhard is van Swellendam afkomstig. Hy het sy BRek asook sy BRek Hons aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy is lief vir sport en speel self gholf, krieket, tennis en muurbal. Verder is hy lief vir braai, om sosiaal met vriende te verkeer en om goeie flieks te kyk. Gerhard het in Januarie sy Eerste Kwalifiserende Eksamen geskryf en ons hou saam met hom duim vas vir ‘n positiewe uitslag.

Jacques Potgieter (SAIPR-klerk)

Jacques is afkomstig van Jeffreysbaai in die Oos-Kaap en het sy hoërskoolopleiding aan die Hoërskool Nico Malan op Humansdorp voltooi. Hy het daarna ‘n BComRek aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth verwerf. Hy is verloof aan Suzanne Bezuidenhout, ‘n dosent aan die Universiteit van Stellenbosch, en hulle trou DV op 21 September vanjaar. Jacques is ‘n kranige WP-ondersteuner en gebruik sy vrye tyd verder om flieks te kyk en na goeie musiek te luister. Na sy mening kan mens nooit genoeg Johnny Cash CD’s besit nie!

Janeréz Lentoor (SAIGR-klerk)

Janeréz is oorspronklik van Queenstown in die Oos-Kaap, maar Ficksburg in die Vrystaat was die afgelope 20 jaar haar tuiste. Sy was die jongste en enigste meisie in ‘n huishouding met vier kinders. Sy het aan die Hoërskool Ficksburg gematrikuleer en het daarna BRek (GR-rigting) aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sy beoog om vanjaar die BCompt Hons aan UNISA te voltooi. Janeréz bak graag en geniet dit ook om ‘n blokkiesraaisel of twee te voltooi.

Lenita van der Merwe (SAIPR-klerk)

Lenita het op ‘n plaas net buite Riebeek-Kasteel groot geword en aan die Hugenote Hoërskool op Wellington gematrikuleer. Na matriek het sy na Stellenbosch verhuis waar sy die graad BCom (Bestuursrekeningkunde) in 2012 aan die US verwerf het. Sy is avontuurlustig en hou van alle watersport. Verder geniet sy dit om op hul familieplaas uit te help en tyd saam met haar vriende deur te bring.

Lihan Badenhorst (SAIPR-klerk)

Lihan Badenhorst is op George gebore waar hy aan die Hoërskool Outeniqua gematrikuleer het. Hy het in 2010 die graad BCom Rek en in 2011 sy Honneursgraad aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom verwerf. Lihan studeer tans vir ‘n Meestersgraad in die Rekeningkunde. Hy is in Desember 2012 getroud waarná hy en sy eggenote van Vanderbijlpark na die Strand verhuis het. Lihan is ‘n ondersteuner van Suid-Afrikaanse rugby en krieket en besoek ook gereeld die gimnasium.

Marica Martin (SAIPR-klerk)

Marica is van Moorreesburg afkomstig en het in 2008 daar aan die Hoërskool Dirkie Uys gematrikuleer. Sy het aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom gestudeer waar sy in 2011 die graad BCom (Bestuursrekeningkunde) verwerf en in 2012 die BCom(FinRek)(Hons) voltooi het. Hierdie trotse Puk geniet dit om in haar vrye tyd tennis en muurbal te speel en ook om rustig ‘n boek te lees.

Michelle van der Merwe (Ouditsenior)

Dit is met vreugde dat ons Michelle in ons geledere terug verwelkom. Michelle is gebore en getoë op Mosselbaai en het haar BCompt in 2007 aan UNISA verwerf. In 2009 slaag sy die BCompt Hons, ook aan UNISA. Sy het haar SAIGR-klerkskap in 2012 hier by Aucamp Scholtz Lubbe voltooi waarna sy ‘n lang werkverposing geneem het om haar voor te berei vir die SAIGR se Eerste Kwalifiserende Eksamen in Januarie 2013. Michelle het verlede Desember aan Cecil Mulligan (een van ons ouditbestuurders) verloof geraak en hulle trou DV in April vanjaar.

Sarel Watkins (SAIPR-klerk)

Sarel het op Bethlehem in die Oos-Vrystaat groot geword waar hy aan die Hoërskool Voortrekker gematrikuleer het. Ná sy skoolloopbaan het hy aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom gestudeer waar hy in 2012 sy BCom (Bestuursrekeningkunde) behaal het. Sy stokperdjies sluit in gholfspeel, visvang en lees, en in sy beskeie opinie is die Sharks die beste rugbyspan ter wêreld.

Huidige personeel | Current Staff

Dit is moontlik dat u soms slegs per telefoon of e-pos met van ons personeellede kontak kan maak. In belang van die lewering van ‘n persoonlike diens, sluit ons hierin fotos van ons huidige personeel.

It is possible that your contact with some of our staff members might sometimes be restricted to telephone or email. In the interest of providing a personal service, we include photos of our current staff.

ASL_Huidige personeel

Advertisements

Capital gains tax on donations and bequests

ASL_CapitalParagraph 12(5) of the Eighth Schedule to the Income Tax Act was scrapped on 1 January 2013 and replaced with a new paragraph 12(A) which, in certain circumstances, provides relief on the payment of capital gains tax when debt is written off.

These new provisions came into effect on 1 March 2013.

In terms of these changes capital gains tax is still payable when a debt of a debtor is reduced or written off, but that there are two exceptions:

  1. Where the amount owed to a deceased estate is regarded as the “property” of the estate (as described in the Estate Duty Act), and this debt is reduced to the benefit of the legatee or heir; and
  2. When the debt that is written off can be regarded as a donation for the purposes of donations tax.

The relevant amendments to the law therefore determine in essence that:

  • It is no longer required that a donation be made in cash; and
  • there will be no liability for capital gains tax if the donation represents a reduction or writing off of debt for the receiving party.

The latter provision is especially to be welcomed considering the problems that have occurred in the past with the wording of wills in cases where heirs or a family trust owe a loan debt to a testator. It is now again possible to merely bequeath a loan account between a legator and a trust as a legacy to the trust, which amounts essentially to the reduction of a debt obligation of the trust.

In view of these recent changes to the Income Tax Act we once again encourage clients to make a donation in order to ensure a saving in estate duty in the longer term.

To make the most of the benefits of a donation the following should be borne in mind:

  • The donation should not exceed R100 000 otherwise donations tax of 20% is levied on the amount by which the tax-free limit (R100 000) is exceeded;
  • A book entry can simply be made in the place of a cash donation; and
  • The donation must be supported by a written deed of donation and, where a trust is the beneficiary, also a resolution of the trustees indicating acceptance of the donation.

Untitled-2For further information in this regard or for assistance with making a donation, please get in touch with Sonja Viljoen (sonjav@asl.co.za) at our office.

Tax on retirement annuity contributions: Changes forthcoming!

At present up to 15 per cent of non-retirement funding income can be invested in Retirement Annuities (RA) and deducted from taxable income.

This limit is set to increase as from 1 March 2014. Although final legislation in this regard is still awaited, it has been proposed that persons will be able to claim a deduction of up to 27, 5 per cent of taxable income, with an annual limit of R350 000. This will apply to contributions made to all funds, e.g. an RA fund as well as an occupational pension fund.

In his recent budget speech the Minister of Finance also proposed other changes to retirement savings. Details will be communicated to our clients as soon as there is certainty about all the proposed changes.

These developments on the tax front are brought to the attention of clients in good time so that they may be taken into account in their retirement planning.

For more detailed information in this regard or for advice on your retirement planning, don’t hesitate to get in touch with one of the directors.

Deadlines to remember!

Clients are reminded of two important deadlines, one of which is imminent and the other representing a reprieve!
Memorandum of Incorporation (MOI)
As previously reported, the new Companies Act (Act no. 71, 2008), requires all companies to replace their current Memorandum and Articles of Association (initial founding documents) with a single document, the Memorandum of Incorporation or MOI. The due date for this MOI to be registered with the Companies and Intellectual Properties Commission (CIPC) is 30 April 2013.You are referred to the detailed discussion of this issue in our October 2012 Newsletter (available on our Blog). Our advice is not to opt, as is permitted, for using your existing Memorandum and Articles of Association in place of an MOI, but rather to get your MOI in place as soon as possible. Remember, the deadline looms ahead.
Contact any of our directors for assistance in this regard.
SETA documentationClients will be pleased to note that the due date for submission of Workplace Skills Plans and Annual Training Reports to their registered SETA is no longer 30 June 2013, but has been extended to 1 April 2014.

Let our payroll service ease your burden

In the experience of most employers, proper and efficient payroll administration is an activity that often does not receive adequate attention and makes heavy calls on the time of valuable human resources. For this reason Aucamp Scholtz Lubbe has for several years been operating a salary bureau which aims to relieve employers of this burden and give them peace of mind by providing an all-inclusive payroll service.

This service, which is accurate, punctual and confidential and can be tailored to suit your particular needs, includes the following:

  • Weekly or monthly processing of salaries and wages in accordance with applicable tax requirements, taking into account all allowances, contributions and deductions;
  • Printing and issuing of salary advices and registers which adhere to legal requirements;
  • Issuing of employee tax certificates (IRP5s);
  • Annual and bi-annual reconciliations of earnings and employees’ tax deducted, as required by the South African Revenue Service; and
  • Providing advice on unemployment insurance.

Payroll administration is not a core function of any business. You should be able to focus your attention and that of your staff on the purposes for which your business was established and not worry about whether the payroll will be on time.

Let us assist you to achieve this by taking over the burden of your payroll administration. The cost is relatively small and you will be joining some very satisfied clients.

For more information or to obtain a quotation for this service, contact the director responsible for your affairs, or Jaco van Straaten.

Kapitaalwinsbelasting op skenkings en erflatings

ASL_KapitaalParagraaf 12(5) van die Agste Bylae van die Inkomstebelastingwet is op 1 Januarie 2013 geskrap en vervang met ‘n nuwe paragraaf 12A wat in sekere omstandighede verligting gee vir die betaling van kapitaalwinsbelasting op die afskrywing van skuld.

Hierdie nuwe bepalings het op 1 Maart 2013 in werking getree.

Die wysiging bepaal dat daar steeds kapitaalwinsbelasting betaalbaar is wanneer ‘n skuld van ‘n skuldenaar verminder of afgeskryf word, maar dat daar twee uitsonderings is:

  1. Waar die bedrag verskuldig aan ‘n bestorwe boedel as die “eiendom” (soos in die Boedelbelastingwet omskryf) van die boedel beskou word en dit tot voordeel van ‘n legataris of erfgenaam verminder word; en
  2. Wanneer die skuld wat afgeskryf word as ‘n geskenk vir die doeleindes van skenkingsbelasting geklassifiseer kan word.

Die betrokke wetswysigings bepaal dus in wese dat:

  • dit nie meer nodig is om ‘n skenking in kontant te maak nie; en
  • geen aanspreeklikheid vir kapitaalwinsbelasting sal ontstaan as die skenking ‘n vermindering of afskrywing van skuld by die ontvangende party is nie.

Laasgenoemde bepaling is veral te verwelkom gesien die probleme wat tot nog toe geskep is met die bewoording van testamente in gevalle waar erfgename of ‘n familietrust lenings aan testateurs verskuldig is. Dit is dus nou weer moontlik om ‘n leningsrekening tussen die erflater en ‘n trust bloot as ‘n legaat aan die trust te bemaak, wat dus in wese neerkom op die vermindering van ‘n skuldverpligting van die trust.

In die lig van hierdie onlangse wysigings aan die Inkomstebelastingwet moedig ons kliënte opnuut aan om ‘n skenking te maak ten einde op die langer termyn ‘n besparing in boedelbelasting te verseker.

Om die voordele van ‘n skenking ten beste te benut moet die volgende in gedagte gehou word:

  • Die skenking moet nie R100 000 te bowe gaan nie anders word skenkingsbelasting teen 20% gehef op die bedrag waarmee die maksimum belastingvrye perk (R100 000) oorskry word;
  • Daar kan bloot ‘n boekinskrywing gemaak word in die plek van ‘n kontantskenking; en
  • Die skenking moet gerugsteun word deur ‘n skriftelike skenkingsakte en, waar ‘n trust die begunstigde is, ook deur ‘n resolusie van die trustees ter aanvaarding van die skenking.

Untitled-2Vir verdere inligting of advies in hierdie verband of vir hulp met die maak van ‘n skenking kan daar met Sonja Viljoen (sonjav@asl.co.za) van ons kantoor geskakel word.

Budget proposals 2013/2014

The Minister of Finance, Pravin Gordhan, delivered his budget speech on 27 February 2013 and, other than expected, tax rates were (fortunately) not increased. On the face of it the tax proposals should not have a substantial impact on our clients but, as has often happened in the past, there will probably be law amendments later which will have an effect on the taxpayer.

We are not at present going to provide detailed commentary on the tax proposals but will, as and when more certainty about these proposals is gained in the course of the year, communicate with our clients about aspects thereof that may have an influence on their tax affairs.

The following link can be used to peruse the tax tables for the 2013/2014 tax year and also to read more about the tax proposals.

Should you be uncertain about the effect of the budget proposals on your tax liability, you are welcome to get in touch with your relationship director.

ASL_Tax guide

Click here to download

the Tax guide.

 

Begrotingsvoorstelle 2013/2014

Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, het op 27 Februarie 2013 sy begrotingsrede gelewer en, anders as wat verwag is, is die belastingkoerse (gelukkig) nie verhoog nie. Op die oog af behoort die begrotingsvoorstelle nie ‘n wesenlike impak op ons kliënte te hê nie, maar soos dikwels in die verlede, sal daar sekerlik later wetswysigings plaasvind wat ‘n effek op die belastingbetaler sal hê.

Ons gaan nie nou in besonderhede op die begrotingsvoorstelle kommentaar lewer nie maar sal in die loop van die jaar, na gelang daar meer sekerheid oor die voorstelle kom, met ons kliënte kommunikeer oor aspekte daarvan wat ‘n invloed op hul belastingsake mag uitoefen.

U kan die volgende skakel gebruik vir insae in die belastingtabelle vir die 2013/2014- belastingjaar en ook om meer oor die begrotingsvoorstelle te lees.

Indien u enige onsekerheid het oor die effek van die begrotingsvoorstelle op u belastingaanspreeklikheid, is u welkom om met u verhoudingsdirekteur te skakel.

ASL_Tax guide

Kliek hier om die

 BELASTINGGIDS af te laai.


Follow ASL on Twitter

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 10 other followers

Advertisements