Aucamp Scholtz Lubbe weer ‘n keer vereer!

sakekamerDie Helderberg Afrikaanse Sakekamer het by ‘n glansgeleentheid op 24 November 2012 aan ons sy toekenning van Sakeonderneming van die Jaar (Professionele Sake) 2011/2012 gemaak.  Die toekenning verleen erkenning aan ons firma vir die uitstaande gehalte van professionele dienste wat ons aan ‘n wye verskeidenheid van kliënte lewer asook ons gemeenskapsbetrokkenheid, en bevestig die leidende rol wat ons firma as ‘n besigheid in die Helderberg vertolk.

Dit is die tweede keer dat hierdie eer ons te beurt val en hierop is ons sommer baie trots!  In 2010 is die toekenning vir die eerste keer gemaak en ons het dit toe ontvang toe ons nog as BGR Aucamp Scholtz besigheid gedoen het. By daardie geleentheid het ons gesê dat ons nie alleen ‘n professionele markleier wil wees en bly nie maar dat ons ook die bakens van gehaltedienste en kliënteverhoudinge verder wil uitskuif. Ons glo dat ons hierdie onderneming gestand gedoen het maar besef ook dat ons steeds beter kan vaar en beskou dit as ‘n uitdaging vir die toekoms. Die toekenning van hierdie jaar sal dan ook as verdere inspirasie dien vir ons firma en al sy personeel om met ywer en toewyding die pad vorentoe aan te pak.

1 Response to “Aucamp Scholtz Lubbe weer ‘n keer vereer!”


  1. 1 Dien dan festago 2014/06/29 at 12:24 pm

    I like the helpful info you provide in your articles.
    I’ll bookmark your blog and check again here frequently. I am quite sure I will learn many new stuff right
    here! Best of luck for the next!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow ASL on Twitter

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 9 other followers


%d bloggers like this: