Personeelnuus

NUWE AANSTELLINGS

Elizabeth Marais het gedurende Mei by ons aangesluit as Debiteureklerk.

Marcel Rose sluit gedurende Julie by ons aan as Belastingnakomingskonsultant.  Sy het baie ervaring opgedoen gedurende haar dienstermyn by KPMG en het uitgebreide ondervinding van die belastingreëls, hetsy plaaslik of internasionaal, van toepassing op individue.

Ons vertrou dat Elizabeth en Marcel se dienstyd by ASL aangenaam, leersaam en vervullend sal wees en dat hulle ook waarde sal toevoeg tot die diens wat ons aan ons kliënte lewer.

DIENSVERLATINGS

Alecia Taylor het gedurende Junie haar leerkontrak voltooi en sluit by Maitland Financial Services aan as Fund Accountant.

Elizabeth Maree het ‘n pos as reken-meester by Elgin Learning Foundation op Grabouw aanvaar en Jacques Haasbroek is aangestel as Finansiële Bestuurder van Up to Date Pakstoor te Lutzville, naby Vredendal.  Ons is saam met hulle bly dat hulle elk ‘n betrekking nader aan hul ouerhuis gekry het.

Niel Immelman het ons diens in April verlaat om sy eie onderneming te vestig.

Neil Coetzee is na slegs ‘n paar maande by ons deur ‘n vorige kliënt van hom uit sy Greenwoods-dae genader en het die loopbaangeleentheid aanvaar.

Ons bedank elkeen van hulle vir hul onderskeie bydraes by ASL en wens hulle alle sukses toe met hul toekomstige beroepsrigtings.

IN DIE HUWELIK BEVESTIG

Christa (Mouton) is op 31 Maart in ‘n sprokiesmooi skuur op hulle plaas buite Eendekuil met haar skoolliefde, Ben Swart, getroud.  Ons mooiste wense vergesel hulle in hul huwelik.

TOEKOMSTIGE HUWELIK

Henry Muller en Tanith Coutinho het onlangs verloof geraak en beplan om gedurende Maart 2013 op Stellenbosch te trou. Ons wens hulle alle sterkte toe met die troureëlings.

INTERNE BEVORDERING

Johan Coetzee is onlangs bevorder tot Assistent-Ouditbestuurder.

0 Responses to “Personeelnuus”



  1. Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow ASL on Twitter

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 9 other followers


%d bloggers like this: