Gesonde balans word aangemoedig

Aucamp Scholtz Lubbe se gemeenskapsbetrokkenheid, soos dit onder andere uiting vind in sy borgskap van die Aanhouwen-gholfdag, het ‘n interne eweknie in sy aanmoediging van personeel om ‘n gesonde lewensbalans te handhaaf.

So het dit dan gebeur dat ons by nog ‘n sportsoort betrokke geraak het toe van die personeel besluit het om ‘n span vir die tweede gemengde liga van die plaaslike aksienetbalkompetisie in te skryf. Bestuur het hierdie inisiatief gretig ondersteun en ‘n finansiële bydrae gemaak tot die aanskaf van gepaste sporthemde.

Die span van sewe het hulleself die naam Kamikaze toegeëien. (Hulle hou vol dat met hierdie keuse hulle die klem laat val het op die durf en waagmoed van die bekende Kamikaze-konsep uit die Japanse deelname aan die Tweede Wêreldoorlog, en nie op die gepaardgaande selfmoordgedagte nie!) Hierdie versekering het hulle dan ook gestand gedoen deur, soms teen uiters strawwe kompetisie, deur te dring tot die semi-finaal en derde in die liga te eindig.

Die dameslede van die span, wat reeds die vorige jaar begin het om aksienetbal te speel, het die inisiatief geneem om vanjaar hul manlike kollegas nader te trek en rapporteer dat hulle baie pret gehad het. Die manne het dit blykbaar moeilik gevind om die voetfoutreël baas te raak en die dames reken Niel Immelman moes eintlik ‘n prys ontvang het vir sy pogings in hierdie verband. Dit was glo koddig om te sien hoe hy, elke keer as hy die bal ontvang, blitsig na die skeidsregter kyk om seker te maak of sy hom nie vir ‘n voetfout gaan straf nie!

Pret en gesonde liggaamlike oefening is ‘n uitlaatklep vir die stres wat onvermydelik deur ander lewenservaringe, ook dié in die werksituasie, meegebring word. Die positiewe terugvoer oor hul netbalervaring wat van die spanlede ontvang is, bevestig opnuut die waarde van die firma se verbintenis tot die bevordering van balans in die lewens van sy personeel.

0 Responses to “Gesonde balans word aangemoedig”



  1. Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow ASL on Twitter

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 9 other followers


%d bloggers like this: