Werkgewers PASOP!

Amptelike rentekoers vir byvoordele by SAID

Die amptelike rentekoers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (“SAID”) word gebruik in die berekening van byvoordele wat deur werkgewers aan werknemers beskikbaar gestel word, in die vorm van lae rentekoers lenings of geagte byvoordele soos debietlenings deur ‘n maatskappy of beslote korporasie aan sy direkteure/lede of hul verbonde persone.

Die amptelike rentekoers van die SAID is reeds sedert 1 Maart 2011 vasgestel op 1% bo die heersende repokoers. Die amptelike rentekoers styg op die 1ste dag van die maand wat volg op die maand waarin die repokoers verander het.

Werkgewers moet dus te alle tye op hoogte bly van die repokoers, want sodra daar ‘n verandering intree, moet byvoordele wat aan die amptelike rentekoers gekoppel is, ook aangepas word. Die repokoers is huidiglik 5.5%; dus is die amptelike rentekoers vir byvoordele 6.5%.

‘U-filing’ – Nuwe elektroniese diens deur ‘n Aanlyn Kantoor om sekere WVF-voordele te eis

Die Werkloosheidsversekeringfonds (“WVF”) afdeling van die Arbeidsdepartment het ‘n paar jaar terug begin met ‘n groot projek om op hul effektiwiteit te verbeter en dit blyk tot dusver suksesvol te wees. Om alle partye in staat te stel om die voordeel van die nuutste tegnologie te geniet en suksesvolle beoefening daarvan as gevolg van hierdie effektiwiteit, het die WVF ‘n aanlyn kantoor ontwikkel, genaamd ‘U-filing’.

Die doel van die Aanlyn Kantoor Stelsel is om ‘n omgewing te skep waarin aansoeke vir WVF-voordele ingevul, goedgekeur en uitbetaal kan word sonder ‘n enkele besoek aan ‘n arbeidskantoor. Die hele proses kan gedoen word vanaf ‘n rekenaar met internetkoppelling.

Die volgende voordele kan geëis word deur ‘U-filing’:  Werkloosheids-, swangerskap-, aanneming- en siektevoordele. Doodsvoordele kan egter nog nie aanlyn verwerk word nie. Werkgewers moet ‘n goedkeuringsaansoekvorm voltooi waarna hul registreer sal word as goedgekeurde gebruiker van die Aanlyn Kantoor Stelsel. Die stelsel het gedurende Maart 2012 in werking getree vir gebruik deur die publiek.

Lopende Betaalstelsel (“LBS”) – Finale indieningsdatum 31 Mei 2012

Ons herinner net graag alle werkgewers dat die LBS rekonsiliasies (of IRP5 rekonsiliasies) teen 31 Mei 2012 ingedien moet wees by die SAID. Baie belangrik – ‘n nuwe E@syfile weergawe moet van die SAID webblad afgelaai word, maar die vorige E@syfile moet eers gerugsteun word. Die nuwe weergawe mag die vorige jare se data uitvee en dit kan op geen manier terug-gevind word nie.

Indien u enige verdere inligting benodig rakende hierdie items, kontak gerus Christa Marais by 021 840 1600 of by christama@asl.co.za.

Verdienstedrempel in terme van die Wet op Basiese Diens-voorwaardes

Vanaf 1 Julie 2011, het die verdienstedrempel verhoog tot R172 000. Met ander woorde, werknemers wat bo hierdie bedrag verdien is uitgesluit by die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes wat handel met aspekte van werksure, oortyd, nagwerk en publieke vakansiedae. Boonop is die definisie van vergoeding in hierdie spesifieke wet nou defineer as UITSLUITEND alle oortyd.

Indien u enige verdere inligting benodig rakende hierdie items, kontak gerus Christa Marais of Corné Moss by 021 840 1600 of by christama@asl.co.za en corne@asl.co.za onderskeidelik.

1 Response to “Werkgewers PASOP!”


  1. 1 sprawdź szczegóły Tutaj 2013/05/15 at 12:21 am

    słuchając nieoczekiwanie zbyt sobą jazgot
    sprawdź szczegóły Tutaj kół oraz końskie chrapanie.

    Łaknęła, na odwrót dowiodło spuchnięte giwera.
    Szczyptę uderzyło w plecy, owiał rozpalony
    dech. Padła płasko, nie czując wciąż bólu, rozpryskując kałużę.

    Podnosiła się nieskładnie, u łba z pluskiem wparło się w planetę gigantyczne
    kopyto. Przeturlała się na bok, wobec tańczącym w
    zaprzęgu koniem, wstrzymywanym
    bru.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow ASL on Twitter

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 9 other followers


%d bloggers like this: