ASL Aanhouwen gholfdag 2012

Ons het weer, soos gebruiklik, op Donderdag 22 Maart 2012 as hoofborg opgetree by die gholfdag wat ten bate van die Aanhouwen Sentrum vir volwasse verstandelik gestremdes by die Strand Gholfbaan gehou is.

Hierdie is sekerlik een van die gewildste gholfdae wat jaarliks in die Helderbergkom aangebied word en die baan is reeds lank voor die dag self vol bespreek.  Vanjaar se gholfdag was ‘n reuse sukses en ‘n nuwe rekord bedrag van R320 000 is met die dag ingesamel danksy al die spanne wat ingeskryf het, die kopers van lootjies, die wynveiling en donateurs.

Dit is vir ons as firma ‘n groot voorreg om Aanhouwen veral op hierdie dag te ondersteun en sodoende ‘n bydrae te lewer tot die wonderlike tuiste wat hulle aan die Aanhouwenners gee.  Ons is veral ook baie dankbaar aan al ons kliënte en sakevriende wat hierdie dag al die afgelope paar jaar ruimhartig ondersteun en dit hierdie jaar weer gedoen het en wil graag die volgende bedank:

  • ABSA Wealth
  • Albertus van Zyl Bourekenaars
  • ATM Groep
  • Basson Blackburn Prokureurs
  • Baykem Apteek
  • BJM
  • Callie Wolfaardt
  • Chatters
  • Chikkadee
  • CS Property Group
  • De Trafford Wines
  • Deukom Television
  • Distell
  • Diverso Konica Minolta
  • Ducharme Consulting
  • Flower Emporium
  • Fochia Janse van Rensburg
  • George Steyn
  • Gys Steyn
  • Green Spot Marketing
  • Heunis Regsgroep
  • Jochen Weida
  • JWR Finansiële Dienste
  • Lady Gem Designs
  • Matie Geldenhuys
  • Miller Bosman Le Roux Hill Prokureurs
  • Nedbank
  • Nico Janse van Rensburg
  • Octo Car Wash
  • Pelser & Simpson
  • Pieter en Somaria van der Poel
  • PSG Konsult
  • Quantum Asset Management
  • Rust en Vrede Wyne
  • Sadie Family Wines
  • Smiling Oven
  • Snyman & van der Vyver Finansiële Dienste
  • Sonja Viljoen
  • Southern Fruit Growers
  • TV3 Argitekte
  • Waterkloof Wines
  • Western National Insurance
  • Zidela Wines

Ons sien uit na ‘n nog meer suksesvolle 2013 gholfdag!  Indien u meer wil uitvind oor die werksaamhede van Aanhouwen is u welkom om hulle te besoek by www.aanhouwen.co.za of Dummerstraat 32, Somerset-Wes.

0 Responses to “ASL Aanhouwen gholfdag 2012”



  1. Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow ASL on Twitter

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 9 other followers


%d bloggers like this: