Personeelnuus

Aanstellings

Ons jongste personeelaanstellings is Jana Burger (bestuurder menslike hulpbronne), Sonja Theron (boekhouer), Ilse Opperman (belastingnakomingsbeampte), Sonja Viljoen (Administrateur van ASL Trust), Neil Coetzee (kleinsakebestuurder), en Johan Coetzee (ouditsenior). Neasa Lacen May, Ceri-Anne Hill, Christof Kruger en Gerrit Nieuwoudt is met ingang Februarie vanjaar as SAIPA-klerke aangestel, en Chriszel Matthyssen, Cherilee Potgieter, Gustav Bessinger, John-Ross Hunter, Stephan Smit en Danie van Zyl as SAIGR-klerke. Ons vertrou dat hul dienstyd by Aucamp Scholtz Lubbe aangenaam, leersaam en vervullend sal wees.

Uitdienstrede

Die personeellede wat in die jongste verlede ons diens verlaat het, is Inge Steenkamp, Maggie Lennerd, Hano Liebenberg, Cobus Horn, Andrea Lubbe, Chantelle Brink, Nicola Pheiffer en Sorika Oliver. Personeellede wat eersdaags ons diens verlaat, is Toni de Bruyn, Adeeba Brinkhuis en Sarie Opperman. Hul almal se diens aan ons maatskappy word opreg waardeer.

Huwelike

Jaco van Straaten, ouditbestuurder, is op 15 Oktober 2011 met Trinette getroud, en Niël Immelman op 30 Desember 2011 met Jean. Albei egpare het hulle op Somerset-Wes gevestig. Ons wens hulle net die beste toe vir die toekoms.

Komende huwelike

Christa Mouton, wat pas tot direkteur bevorder is, tree op 31 Maart vanjaar in die huwelik met haar skoolkys, Ben Swart, terwyl Raubie Brink, ouditsenior, en Leandrie Ackerman op 29 September die knoop deurhaak. Albei egpare gaan hulle op Somerset-Wes vestig. Ons wens hulle sterke toe met die troureëlings!

0 Responses to “Personeelnuus”



  1. Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow ASL on Twitter

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 9 other followers


%d bloggers like this: