Jan Taks stel strenger oor mediese aftrekkings

Die SAID se jongste belastinggids oor die aftrekking van mediese uitgawes lê streng en omvattende riglyne neer vir mediese uitgawes wat voortaan as belastingaftrekbaar geag sal word. Hiervolgens sal ’n mediese uitgawe slegs vir aftrekking oorweeg word indien dit aan ’n geregistreerde mediese diensverskaffer, verpleegsorginrigting, hospitaal, verpleegkundige of apteek vir professionele dienste of voorgeskrewe medikasie betaal is. Sodanige uitgawe moet aangegaan gewees het in belang van die belastingbetaler self, sy of haar eggenoot of kind, of enige afhanklike (indien daardie afhanklike as sodanig deur ’n mediese fonds aanvaar is). Daarby mag die uitgawe nie van ’n mediese fonds verhaalbaar wees nie, en sal uitgawes wat deur ’n werkgewer namens die belastingbetaler aangegaan is, slegs vir aftrekking oorweeg word indien dit gelei het tot die ontvangs van ’n belasbare voordeel deur die belastingbetaler. Die SAID-vereistes aangaande bewysstukke vir mediese is nou ook strenger en meer gedetailleerd, en ons raai kliënte sterk aan om hulle op die hoogte hiervan te bring.

  • Indien u enige navraag in hierdie verband het, is u welkom om met Niel Immelman in verbinding te tree by tax@asl.co.za of 021 840 1600.

0 Responses to “Jan Taks stel strenger oor mediese aftrekkings”



  1. Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow ASL on Twitter

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 9 other followers


%d bloggers like this: