Christa Mouton word direkteur, én mevrou

Die nuus dat Christa Mouton, sedert begin verlede jaar ouditbestuurder in ons maatskappygeledere, met ingang van 1 Maart vanjaar bevorder is tot direkteur van Aucamp Scholtz Lubbe, is oral waar dit reeds bekend geword het, met opgewondenheid ontvang.

Dit was te wagte en dit is te verstane, want dit is nie net Christa se sprankelende, dinamiese en innemende persoonlikheid wat haar gewild maak onder kollegas en kliënte nie; haar kundigheid as geoktrooieerde rekenmeester, en eienskappe soos haar onblusbare werkywer, deursettingsvermoë en professionaliteit dwing eweneens allerweë respek af.

Christa is op 13 Junie 1985 op Citrusdal gebore, het matriek in 2003 met onderskeiding aan die Hoërskool Porterville geslaag, was skool- en koshuisprefek, kaptein van haar skool se atletiek- en netbalspan, het gereeld in haar skoolloopbaan meriete- en vakpryse ontvang, én vier jaar agtereenvolgens akademiese erekleure verwerf.

Sy het die grade B Rek en B Rek Hons onderskeidelik in 2006 en 2007 aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, waarna sy in 2008 haar leerklerkskap by BGR Aucamp Scholtz begin het, Sy het in 2009 haar kwalifiseringseksamen as geoktrooieerde rekenmeester afgelê, was ouditbestuurder vir net langer as ’n jaar en – ter aanvulling van haar aanstelling as maatskappydirekteur – trou sy eersdaags met Ben Swart, haar skoolkys van Porterville.

Aucamp Scholtz Lubbe is voorwaar bevoorreg om sy direksie met die kaliber van ’n mens soos Christa te kan aanvul.

0 Responses to “Christa Mouton word direkteur, én mevrou”



  1. Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow ASL on Twitter

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 9 other followers


%d bloggers like this: